Dissertation/ Thesis

Die funksionele rol van die lammotief in die raamwerk van die boodskap van Openbaring

Bibliographic Details
Title: Die funksionele rol van die lammotief in die raamwerk van die boodskap van Openbaring
Authors: Isaks, Clarina Christina
Publication Year: 2012
Collection: South African National ETD Portal
Original Material: uj:9595
Subject Terms: Jesus Christ - Royal office., Bible. - New Testament. - Revelation - Theology., Bible. - Old Testament. - Quotations in the New Testament., Bible. - New Testament - Revelation - Criticism, interpretation, etc. - History.
Description: M.Litt. et Phil.
Die boek Openbaring word nie net deur helder en dramatiese beelde gekenmerk nie, maar ook deur die verskeidenheid name wat aan Jesus gegee word. Elke naam hou verband met een of meer eienskappe van Jesus en dui op 'n aspek van sy funksie binne God se verlossingsplan. In die simboliek van Openbaring staan die plek en rol van die Lam sentraal in die afloop van die eskatologiese gebeure. Hy wat as Leeu van Juda histories van Dawid afstam, maar as lam "geslag, (tot versoening aan God geoffer) is het die bevoegdheid ontvang om die boekrol met sewe seels in die hand van God oop te maak (hfst.5). Volgens Botha, De Villiers en Engelbrecht (1988:12) bevat Openbaring 'n potpourri van motiewe en idees wat verband hou met ander godsdienste of Bybelse tye byvoorbeeld Persiese, Babiloniese en Gnostiese motiewe. Die invloed van die ou Oosterse mitologie kan duidelik bespeur word in byvoorbeeld die Babiloniese weergawe van die stryd tussen die Skepper en 'n grout seemonster'. Ook die "hemelse tablette" wat tydens die Nuwejaarsfees 'n uiters belangrike rol gespeel het wanneer die god, Marduk, die draak, Tiamat oorwin en die tablette in sy hand geplaas word om sy mag en oorwinning aan te dui. In Openbaring het die Lam alleen die mag om die boek uit die hand van God te neem en die seals daarvan te breek. Die boekrol wat Johannes sien, bevat al die inligting van God se planne met die geskiedenis. Die feit dat die boekrol met sewe seels verseel is, is 'n aanduiding daarvan dat dit volkome geslote en ontoeganklik is. Niemand in die hemel, op die aarde of onder die aarde kon gevind word om God se plan vir die wereldgeskiedenis te laat oopvou nie. Totdat een van die ouderlinge die aandag vestig dat Jesus Christus, die Lam, waardig is om die seels te breek.
Original Identifier: oai:union.ndltd.org:uj/uj:9595
Document Type: Thesis
Availability: http://hdl.handle.net/10210/7017
Accession Number: edsndl.netd.ac.za.oai.union.ndltd.org.uj.uj.9595
Database: Networked Digital Library of Theses & Dissertations
Description
Description not available.